Slaan oor na hoofinhoud

VLU Bailliepark • Konferensie 2027

Hekelwerk

Amigurumi-speelding

Amigurumi word hoofsaaklik in die rondte gehekel en daarna gevorm, gestop en saamgestel. Die karakter moet onmiddellik herkenbaar wees en behoort verbeelding, warmte en goeie karaktereienskappe uit te straal.

Geouditeerde voorbereidingsgids

Kies teksgrootte

Verander die artikelteks na groot, groter of grootste.

Kies teksgrootte

WhatsApp

Hou hierdie gids byderhand

Deel dit met ’n maatjie, of stuur die skakel direk na u eie WhatsApp sodat u dit later maklik weer kan kry.

Deel met ’n maatjieKies die persoon in WhatsApp.

Stuur vir myself

U nommer word net gebruik om WhatsApp met hierdie gids oop te maak.

01

Kompetisievereistes

  • Die artikel mag nie ouer as twee jaar wees nie.
  • Die voltooide figuur of diertjie moet minstens 20 cm en hoogstens 40 cm groot wees.
  • Dit moet ’n driedimensionele gehekelde speelding wees waarin die amigurumi-tegniek duidelik voorkom.
  • Verwyderbare klere mag bygevoeg word.
  • Die etiket van die gebruikte gare en ’n klein garingmonster moet aan die artikel geheg word.

02

Garing, spanning en vorm

Kies ’n hekelpen wat ’n digte, stewige steekwerk lewer sodat die stopsel nie sigbaar is nie. Vierdraad-katoen of ’n katoen-akrielmengsel van ongeveer 60% tot 40% werk besonder goed. Baie dik gare kan klein besonderhede en ’n duidelike vorm laat verdwyn. Donsige of veeragtige gare mag as deel van die ontwerp gebruik word.

Helder, vrolike kleure is gepas, maar die kleurkeuse moet steeds die beoogde dier of figuur ondersteun. Gebruik ’n steekmerker en tel gereeld om simmetrie te behou.

03

Samestelling en besonderhede

  • Stop elke deel geleidelik met ligte, wasbare vulsel.
  • Die speelding moet ferm maar egalig gevul wees, sonder knoppe of uitstaande stopsel.
  • Speld arms, bene, ore en ander dele eers in posisie voordat dit vasgewerk word.
  • Tooisels moet karakter toevoeg en terselfdertyd netjies en duursaam wees.
  • Geborduurde oë, glasoë, stewige snorbaarde, donsige sterte en soortgelyke besonderhede mag gebruik word, mits alles baie stewig geheg is.
  • Vermy dik nate, los lusse en sigbare draadeindes.

04

Praktiese werkvolgorde

  1. Kies die karakter, patroon, finale grootte en kleurplan.
  2. Maak ’n spanningsmonster met die werklike garing en hekelpen.
  3. Hekel die hoofdele in die rondte en tel elke ry noukeurig.
  4. Stop geleidelik voordat die openinge te klein word.
  5. Stel die dele simmetries saam en werk dit onsigbaar vas.
  6. Voeg die gelaatstrekke en tooisels laaste by.
  7. Doen ’n finale trektoets op elke vasgewerkte onderdeel.

05

Waarop die beoordeling fokus

Voorkoms tel 50% en werksgehalte 50%. Belangrike eienskappe is karakter, proporsie, kleur, egalige steke, ferm spanning, gladde vulwerk, simmetriese samestelling en ’n skoon afwerking.

06

Aanbieding

Plaas die speelding in ’n deursigtige plastieksak en merk dit met HEKELWERK, die deelnemer se naam, tak, streek en provinsie. Heg die garingetiket en garingmonster aan die artikel. Heg die beoordelaarskaartjie met hekelgaring vas. Moenie ’n haakspeld gebruik nie.

07

Finale kontrolelys

  • 20–40 cm groot
  • Nie ouer as twee jaar nie
  • Driedimensioneel en hoofsaaklik in die rondte gehekel
  • Egalig en ferm gestop
  • Alle besonderhede veilig vas
  • Garingetiket en monster aangeheg
  • Korrek verpak en gemerk

Twee voorbeelde in portretformaat

Hekelwerk

Gebruik hierdie oorspronklike voorbeelde as inspirasie vir uitleg, kleur en aanbieding—nie as patrone wat presies nageboots moet word nie.

Voorbeeld in portretformaat van ’n gehekelde amigurumi-jakkals.
01’n Kaapse jakkalsie met eenvoudige, geborduurde gelaatstrekke.
Voorbeeld in portretformaat van ’n gehekelde amigurumi-pikkewyn.
02’n Afrika-pikkewyn met skoon kleurwisseling en afgeronde vorms.
Terug na konferensiegidse