- Om haar kennis te verbeter.
- Om haar talente te ontdek en te ontwikkel.
- Om haar uitkyk op die lewe te verruim.
- Om aan haarself hoë eise en standaarde te stel en om net met die allerbeste tevrede te wees.
- Om van haar ’n beter vrou en moeder, sowel as opvoeder van haar kinders te maak.
- Om haar mensekennis te verbreed.
- Om te volhard en te wen, maar ook om ’n gelukkige verloorder te wees.
- Om haar ingebore minderwaardigheid te omskep in ’n gevoel van eiewaarde.
- Om haar vriendekring uit te brei.
- Laaste maar nie die minste nie … Om haar sorge te vergeet en aangenaam en gesellig te ontspan en dan ’n geurige koppie tee saam met die medelede te geniet.
Waarom ons saamkom
Die doel van die VLU vir die vrou
Die VLU skep ’n plek waar vroue saam kan leer, hul talente kan uitleef en opregte vriendskappe kan bou.