Saam in geloof

VLU Gebed

’n Gebed wat ons herinner om met wysheid, waardigheid en goedhartigheid saam te leef.

Bewaar ons O Here van kleinlikheid; laat ons groot wees in gedagte, woord en daad.

Laat ons foutvindery vermy en waak teen alle selfverheerliking.

Mag ons traag wees om te oordeel en altyd grootmoedig: leer ons om ons beter neigings eerlik en vreesloos in beoefening te bring.

Help ons om nie gejaagd te wees nie, om toe te neem in rustigheid, waardigheid en sagmoedigheid.

Gee dat ons mag besef dat dit die klein dingetjies is wat verdeel, dat ons in die groot dinge van die lewe een is.

Mag ons strewe om die algemeen menslike hart te ken en Here ons God, laat ons nooit nalaat om minsaam te wees nie.

Amen

Lees dit rustig. Laat elke sin ’n oomblik kry om in die hart stil te word.